Meer as veertig jaar gelede het 'n klein besigheid as 'n eenmansaak op Upington sy ontstaan gehad. Vandag is Botha & van der Walt Afslaers die grootste Lewendehawe Maatskappy van sy soort in Suid Afrika.
Die Vier Direkteure, Johan Basson, Jan Nel, Alvin Steenkamp en Dorothy Botha, kyk vandag met trots terug na al hul harde werk. Hul strewe om 'n alles-onder-een-dak bemarkings opsie aan die boer te bied, het eindelik 'n werklikheid geword.
Met slag-, voerkraal-, en aanteelmarkte by skaap, bees en bok, sowel as veilings, is daar vandag geen produk van die veeboer wat Botha & van der Walt Afslaers met sy span werknemers nie kan hanteer nie.
WELKOM IN DIE BOTHA & VAN DER WALT WêRELD!
|
|
|